Oct 23, 2012

Natasha & Francois























 




Ek was lanklaas op so 'n interressante ANDERSTE tipe troue! 
Die venue, Baraka Events by die Monkey Sanctuary in Harties, was 'n 'great' keuse en het regtig unieke styl en dekor! Die perfekte plek as jy 'n natuur/dier-liefhebber is soos Natasha en Francois! 
Ek verstaan nou hoekom was Natasha en Francois so opgewonde oor hul troudag. 
Die plek se atmosfeer het soooo bygedra tot die spesiale gevoel van hul klein intieme troue. Dis nie elke dag wat die bruidspaar se gaste met (letterlik) 'n aap op die skoot moet sit nie. 
Daar was tonne vermaak vir al die gaste met die nuuskierige apies - en pasop net vir jou koeldrank..en kamera...en selfoon....en selfs die blomme rangskikkings het deurgeloop.... 
 Natasha het ook tydens die fotosessie kort-kort gestop om een van hulle te vryf en selfs haar ruiker se blomme "op te offer" vir hul middag "snack"! Jul dag was regtig bitter spesiaal en totaal en al anders! Jul het seker gemaak dat jul gaste hulself geniet - daarvan het die hoeveelheid mense op die dansbaan getuig en die hoeveelheid mense wat hulself geniet het by die photo booth ! 
Julle 2 is kosbare mensies wat sommer diep in mens se hart kruip!

Chantelle & Reino




















 
Dit begin als met n prentjie in jou kop...waar jy graag wil trou en hoe dit moet lyk, ens, ens.... Chantelle en Reino se troue by Askari was meer as die perfekte prentjie!! Van A-Z was net BEAUTIFUL! Selfs die olifante het op die regte tyd  "geweet" wanneer hul moet verby loop.... Net die blouapies was nie so beiindruk met ons toe ons in hul slaapplek, 'n ou bouvallige murasie, wou gaan foto's neem nie! Chantelle was so ontspanne en mens kon sommer in haar oë sien hoe sy dit geniet. Nou weet ek hoekom hulle praat vna 'n "glans".... Reino, ek blameer jou nie dat jy nie jou oë van haar kan afhou nie. Daardie TEVREDE glimlag spreek boekdele. Dankie vir 'n awesome tyd saam julle! Ek het elke oomblik geniet! Mag julle altyd die "glans" en tevrede glimlaggies behou! x